Op 27 Maart 1995 begelei veldwagter Adriaan Louw groep stappers deur die ongerepte Njalaland wildernisgebied in die Krugerwildtuin. Hulle het so pas behoedsaam hul weg deur n droë rivierloop gebaan en klim nou die oorkanste oewerwal uit. Oral om hulle het olifante tekens nagelaat soos afgeskeurde takke, vars voetspore en mis. n Vlakte, omring deur n halfmaan plat berge, strek voor hulle uit, die beweging van die hittegolwe skep die indruk dat n briesie deur die mopaniebos ritsel.
In die stap deur die mopaniebos wys Adriaan hulle argeologiese voorwerpe wat daar rondlê. Een van die stappers, ene mnr. Bearnard ORiain, tel self n vreemde voorwerp op en oorhandig dit aan Adriaan. Dit tref beide tegelyk - dit is nie n werktuig nie maar n stuk fossielbeen! Adriaan plaas die fossiel, soos in die geval van argeologiese voorwerpe, weer op die oorpronklike vindplek terug, deels omdat dit die Parkeraad se beleid is om die wildernis-gebiede so min as moontlik te versteur en deels omdat hy besef dat hulle hier iets belangriks ontdek het en dat dit nodig is om kundige advies in te win.
n Paar dae later terwyl Adriaan met n volgende groep stappers deur dieselfde gebied stap, kyk hy rond om te sien of hy die fossiel weer kon opspoor. Diegene wat mopaniebos ken, weet dat jy nie n stilstaande persoon of selfs n olifant, twintig meter verder in die bos kan raaksien nie, laat staan maar n 25cm grote stuk fossiel. In sy soektog lig hy n klip met n soortgelyke kleur as die oor-spronklike fossiel uit die sand en merk dat dit n reuse versteende rugwerwel van ongeveer 15cm in deursneë is. Soos die Kakkerlak-wet sê: as daar jy een kakkerlak sien dan is daar dalk net een, as jy egter twee sien kan daar dalk honderde in die omgewing wees.
Met sy oog op die kleur en vorm ingeskerp, begin Adriaan die wêreld om hom fynkam en skielik merk hy dat die hele gebied letterlik met fossielbene besaai lê. Hierdie los fossielbene het uit n laag rooi moddersteen uitgespoel en sommige het tot in die lopies in die gebied gespoel waarvan party bykans al deur riviersand bedek was. Adriaan besef toe dat dit van kardinale belang is om so gou as moontlik n deskundige te kry om na die fossielbene te kom kyk voordat nog meer verlore sou raak.
Terwyl die opwindende boodskap van die eerste werweldierfossiel-vindplek in die Krugerwildtuin sy weg deur die kanale na my toe gebaan het, het Adriaan sy soektog na nog fossielvindplekke voortgesit en nog verskeie ander vindplekke in Njalaland ontdek. n Voorlopige verkenningstog is na die gebied in Augustus 1995 deur die Raad vir Geowetenskap uitgevoer. Tot almal se groot vreugde was dit moontlik om die fossiele as die oorblyfsels van die skaars dinosouriërspesie Euskelosaurus browni te eien (sien Archimedes 38.3. 1996). Hierdie ontdekking het vir ons in staat gestel om vir die eerste maal die geologiese laag, waarin die fossiele voorkom, ouderdomsgewys te korreleer met soortgelyke lae elders in die land. Fossiele word gebruik om die relatiewe ouder-dom, van die sedimentêre gesteentes waarin hulle voorkom, te bepaal. Dit klink amper asof n geoloë en paleontoloë in n sirkel redeneer deur om klippe te gebruik om fossiele te dateer en dan fossiele om klippe te dateer soos wat Henry Morris in sy boek Science and the Bible (1988) sê (amper soos om een teks te gebruik om n ander te verifieër). In werklikheid is daar drie tipes gesteentes nl. sedimentêre gesteentes (soos sandsteen en moddersteen), stollingsgesteentes (soos graniet, doleriet en basalt) en metamorfe gesteentes (soos marmer). Ongelukkig word hierdie chemies en fisies wyd-uiteenlopende produkte dikwels deur baie onkundiges sonder meer bloot klippe genoem.
Fossiele kom uitsluitlik in sedimentêre gesteentes voor wat in meeste gevalle aanduidings van hul vormingsprosesse toon. Fossielebevattende moddersteen was dikwels gevorm deurdat die oorblyfsels van organismes wat tot op die bodem van mere afgesak het mettertyd saam met die bodemmodder versteen het, of tydens n oorstroming sou organismes op n vloedvlakte verswelg geword het en mettertyd saam met die modder-laag wat dit omhul, versteen het. In die geval van fossiele in sandsteen is dit in sekere gevalle die resultaat van karkasse of boomstompe wat op n sandbank langs n stadigvloeiende rivier uitgespoel het, of in ander gevalle is fossiele die oorblyfsels van organismes wat in n woestyn deur n sandstorm be-dek is en mettertyd versteen het.
Stollingsgesteentes aan die ander kant kan dikwels m.b.v. halveertyd van die radioaktiewe isotope wat daarin voorkom gedateer word. Stollingsgesteentes bevat egter geen fossiele nie, maar kan bo, onder of tussen fossielbevattende lae voorkom. So weet ons dan byvoorbeeld dat die oudste plaaslike dinosouriër- en soogdierbevattende geologiese lae, ouer as die lae basalt is wat ongeveer 190 miljoen jaar gelede suider-Afrika bedek het. Op hierdie wyse is dit moontlik om wêreldwyd geologiese lae wat dieselfde fossiele bevat, chronologies met mekaar te korelleer al kom daar slegs in sekere gebiede dateerbare stollingsgesteentes in assosiasie met sedimentêre lae voor.
n Verdere opwindende aspek van die Krugerwildtuin fonds is dat Euskelosaurus-fossiele hier baie volop is in teenstelling met die skaarsheid daarvan elders in die land. Massospondylus n kleiner naverwante dinosouriër, wat in die lae net bokant Euskelosaurus voorkom, is verreweg die volopste Suid-Afrikaanse dinosouriër waarvan daar reeds honderde fossiele inluitende los bene, fragmente en verskeie volledige skelette ontdek is. In teenstelling is daar tot op hede slegs een redelik volledige Euskelosaurus skelet met die enigste skedel van die spesie bekend. Ontdekkings van geïsoleerde bene en gedeeltelike skelette in die Oos Kaap, Oos Vrystaat en Noordelike Provinsie in hierdie eeu, het vir ons darem n prentjie begin skets van hoe hierdie primitiewe dinosouriër daar uitgesien het.
Die relatiewe skaarsheid van Euskelosaurus elders, het die Krugerwildtuin-fonds des te meer belangrik gemaak. Hierdie nuwe vindplek het die beskikbare Euskelosaurus-materiaal ter wêreld meer as verdubbel. Met die eerste verkenningstog het ek geskat dat daar ten minstens 200 fossielbene en -fragmente in n gebied so groot soos twee rugbyvelde voorkom, maar met die ekskursie van 1996 het ons oor die 300 fossiele uit n geïsoleerde kolletjie van ongeveer 20 x20 meter versamel. n Mens sidder om te dink hoeveel fossiele die dagsoom, wat ons nou op ongeveer 5 hektaar beraam, sal oplewer.
Die grootste verrassing wat die opgrawings opgelewer het is die baba-dinosouriër-beentjies wat saam met die volwassenes sn op drie verskillende plekke in die gebied ontdek is. Hierdie fossiele wat bestaan uit n bo-armbeen, verskeie werwels en dybene en n verskeidenheid van ander klein beentjies is die jongste toevoeging tot die handjievol baba-dinosouriërs wat ooit in suider-Afrika ontdek is. Die Krugerwildtuin-dinosouriërtjies was heelwaarskynlik reeds al n paar maande oud toe hulle saam met hulle ouers deur die vloedwaters van die rivier, waarlangs hulle gewei het, verswelg is.
Die wêreld waarin Euskelosaurus geleef het, het heelwat anders as die mopanieveld waarin ons hul fossiele gevind het, gelyk. Volgens die plantfossiele en die geologiese getuienis het hierdie diere aanvanklik in saadvaring-oerwoude langs moerasse en groot kronkelende riviere geleef. Meeste van die plante soos die saadvarings, wat toentertyd die dominante plantgroep was, en baie van die tydgenootlike gimnospermspesies het reeds miljoene jare gelede uitgesterf.
Die hoofdoel van die SAVAP-ekskursie van 1996 was om die bestek van die fossielryke afsettings te bepaal en om n verteenwoordigende monster van die fossiele te versamel. Laasgenoemde doelstelling was ietwat van n tameletjie. Daar is geen kuns daaraan om bloot alle fossiele wat rondlê op te tel en na n stoorkamer te neem nie, trouens dit is wat baie ander paleontoloë sou doen met die verontskuldiging dat hulle dit vir die nageslag bewaar. Op die ander kant van die meningspektrum is daar die veldwagters wat glo dat niks in n wildernisgebied versteur mag word nie, nie ekologies, geologies, argeologies of paleontologies nie. Wie se bewaringsbeleid is die suiwerste; diegene wat fossiele veilig in die stoor tussen derduisende ander bêre waar niemand buiten n paar gelukkige wetenskaplikes dit ooit sal kan benut, of diegene wat die fossiele in die veld, waar hulle reeds vir eeue lank oopgespoel lê, wil los waar hulle deel uitmaak van die natuur en waar die publiek dit só kan waardeer?
Uiteindelik het ons besluit om beide uitgangspunte te respekteer. Die eerste stap wat ons geneem het was om die fossielrykegebied te fynkam sodat ons kon bepaal of die fossiele van een of meer spesies organismes teenwoordig is. Tweedens wou ons bepaal of die fossiele wat oral rondlê vanuit enkele skelette afkomstig is en of dit vanuit n laag vol ongeassosieerde fossielbene kom, want dit sou ons versamelingstaktiek bepaal. Derdens het ons die fossiele vanuit die droë lopies verwyder en op die walle gesit sodat dit nie tydens die volgende reënseisoen sou wegspoel nie.
Die bevinding was dat slegs een spesie, nl. Euskelosaurus se fossiele hier voorkom en dat dit vanuit n sogenaamde "beenbed" verweer. Hierdie beenbed bevat n mengsel van die oorblyfsels van verskeie, moontlik tientalle individuele dinosouriërkarkasse en los bene wat op die rivieroewers rondgelê het, wat tydens oorstromings in n afsettingskom ingespoel is. Die fossiele dra die tekens van n baie gefgaande skuifies gesien kan word. Sekere fossiele wat skynbaar lank gelede reeds uitverweer het en vir n redelike tydperk in n rivier gelê het, toon tipiese spoelklipverwering terwyl ander wat onlangs blootgestel is in n baie beter toestand is. Ander fossiele weer was deur die wringkragte in die kors, wat ook al die verkuiwings in die gebied veroorsaak het, gebreek waarna die stukke weer deur die ferrikreetoplossing in die grondwater aanmekaar "geplak" is. Hierdie fossiele word ook meestal deur n laag ferrikreet (n ysterryke oplossing wat gedurende die wisselings van die grondwatervlak vorm en neerslaan) bedek.
Indien daar identifiseerbare skelette in die gebied was, sou ons eerste verpligting gewees het om al die bene van elke skelet bymekaar te hou, maar aangesien dit nie die geval is nie, kon ons voortgaan om enkele bene vir opvoedkundige en navorsings-doeleindes te versamel. Die oorgrote meerderheid fossiele was uiteindelik net so in situ (in hul oorspronklike ligging) op die vlakte gelaat. Ons het wel op die hang van die berg die fossiele wat in n geïsoleerde kol voorkom versamel. Hierdie besluit was geneem omdat die fossiele besig was om vinnig teen die hang van die berg af te spoel en deur plantegroei bedek te word. Tweedens moes ons n voldoende hoeveelheid fossiele vir vergelykende studie-doeleindes versamel (hierdie fossiele sal uiteindelik na die afhandeling van die navorsingsprojek terug aan die Krugerwildtuin vir veilige bewaring geskenk word). Verder het ons besluit, dat net vir ingeval ons mening in verband met die beenbed verkeerd is, die kanse beter is om n skelet se onderdele in n klein gebied, eerder as tussen die honderde (indien nie duisende) fossiele op die vlakte, op te spoor.
Hierna was die fossiele na die SAVAP Veldlaboratorium op Punda Maria geneem waar die finale dokumentasie van die versameling afgehandel is en ons met die preparasiewerk begin het. Die dokumentasie van fossiele is sekerlik net so belangrik as die versameling daarvan. Tydens die versameling het ons lesings mbv. n satellietnavigasieinstrument geneem wat daarna op die versamelkaart saam met die beskrywing van die gesteentetipe, n beskrywing en voorlopige identifikasie van die fossiel, die datum en naam van die ontdekker en die versamelaar aangeteken is. Daarna was n unieke nommer aan die fossiel toegeken wat op die fossiel, versamelkaart en op n topografiese kaart van die gebied aangebring is.
Dit sal strook met ons vereniging se beleid dat inligting nie die aleenbesit van n intellektuele elite mag wees nie en dat dit vir almal toeganklik moet wees.
Fig 1: Adriaan Louw by een van die fossielvindplekke wat hy ontdek het. In sy regter-hand hou hy n Euskelosaurus-toonbeen vas en in sy linker-hand n dybeen-kop. Langs hom lê n hoop werwels van dieselfde dinosouriërspesie
Fig 2: n Toonbeen van Euskelosaurus langs die hand van sy 3 meter lange naverwant Massospondylus